Shop

Die Vroeë Stadiums: Voor Hoofstukke en Verse

Die Dooie See-rolle het nie hoofstuk- of versnommers gehad nie. Die rolle is geskryf in aaneenlopende teks, dikwels sonder spasies tussen die woorde. Die stelsel van hoofstukke en verse wat ons vandag ken, is eers baie later ingevoer:

Hoofstukke:

  • Stephen Langton, ‘n aartsbiskop van Canterbury, het die Bybel in hoofstukke verdeel in die vroeë 13de eeu (ongeveer 1227 n.C.). Sy verdeling het later die standaard geword in Bybeluitgawes.

Verse:

  • Die Ou Testament is in verse verdeel deur ‘n Joodse rabbi genaamd Nathan in 1448 n.C.
  • Die Nuwe Testament is in verse verdeel deur Robert Estienne (Stephanus), ‘n Franse drukker, in 1551 n.C.

Die hoofstuk- en versindeling is gestandaardiseer in gedrukte uitgawes, soos die Geneva Bible (1560 n.C.), wat een van die eerste groot vertalings was wat hierdie indelings ingesluit het.

E-BYBEL

Hermeneutiek. Om die Byble Boeke te lees as ‘n boek sonder hoofstukke en teks gee jou ‘n diepgaande begrip van die konteks van die Boek. Die hoofstukke en tekse is nuttig om teksverse te memoriseer, maar interpretasie sonder konteks kan tot swak hermeneutiek lei.

E-BYBEL’s is gratis om aanlyn te lees en kan ook gratis as PDF’s afgelaai word deur dit by die “CART” by te voeg en uit te “CHECK”.

Ons vra dat U ‘n asseblief ‘n donasie sal oorweeg vir Bybelverspreiding in Suider-Afrika.

Showing all 2 results