EK IS DRINGEND OPSOEK NA MY BEMINDE!

Vir jare het ek agter die begeerlikheid van die vlees, die begeerlikheid van die oë, die grootheid van die lewe aangeloop, die wêreld. Maar diep binne in my was dit altyd leeg en eensaam. Altyd op soek na iets. Terwyl ek nog op die wêreld rond gedans en gespeel het. My verlustig met die dinge van die wêreld, was daar eendag, onverwags, ‘n sagte klop aan my hart se deur. Ek het geloer om te sien wie geklop het. Wat ek gesien het, het alles binne in my, in beroering gebring, en ek was dadelik smoorverlief . 

Ek het my gehaas en oop gemaak, want ek het geweet, dit was waarna ek  al my lewe gesoek het, my beminde. Wat ‘n wonderlike, wonderlike, ontmoeting. Toe ek my beminde se soete stem vir die eerste keer hoor, het alles binne my verander, en het ek begin verstaan, alles verstaan. Ek wou net meer en meer van my beminde hê, maar my beminde  het begin wegdraai. Ek het geroep en geroep maar my beminde het nie geantwoord nie. Hoe meer ek  roep hoe stiller het dit geword. Ek het begin soek, hier binne in my, het ek dan iets verkeerd gedoen? Toe sien ek myself deur my beminde se oë. Ek sien hoe vuil ek nog is, te vuil vir my beminde om heeltemal in te kom. Ek het uit gehardloop agter my beminde aan, en my beminde begin soek. Die wat ek vra, of hulle my beminde gesien het, lag vir my, begin my slaan en hulle maak of ek kranksinnig is.

Ek verstaan dan nie, het hulle nie my beminde gesien nie? is hulle dan nie ook krank van liefde nie? Wil hulle dan nie hê hulle beminde moet heeltemal in kom nie? Ek hardloop van plein tot plein op soek na my beminde, ek kan nie rus voor ek my beminde gevind het nie, al kos dit wat, al moet ek my lewe aflê, want ek het my beminde gesien, en ek is smoor verlief. Ek hoor van ‘n beminde wat geloof en geprys word, opgewonde haas ek my soontoe. Hier is my beminde! maar tevergeefs, dit is nie my beminde nie. Dan hoor ek van massas wat bymekaar kom vir n beminde, opgewonde haas ek my soontoe maar, tevergeefs, my moed sak weg, dis ook nie my beminde wat ek gesien het nie.

Oral praat en getuig hulle van n’ beminde, dan raak ek opgewonde, is dit dalk my beminde waarvan hulle praat, maar as ek daar kom, besef ek dit is nie my beminde wat ek gesien het nie. Ek raak moedeloos, het niemand dan my beminde gesien nie, niemand, nie eers een nie? Niks maak meer vir my saak nie, nie wat mense dink of sê nie, alles gaan net vir my oor my beminde wat ek gesien het, ek moet my beminde vind, maar waar moet ek nog soek, ek wil niemand behaag nie, ek soek net my beminde, voor dit te laat is.

Hooglied hf 3 tot 6, Jes 41:9, 1Joh 3:15-17, Spr 8:30-31; 


Jacques Lucas


 

Feel free to share: